skip to Main Content

Meiring Troue 23 Mei 2026 @Rivierplaas Wedding venue

Toe Carla destyds haar hart vir die Here gegee het, was haar woorde eenvoudig: “Ek gaan net ’n dissipel wees, en ek gaan hemel toe sonder dat ek ooit trou.” Sy was nie op soek na liefde nie. Maar die lewe het ’n manier om jou planne sagkens te herskryf. In 2023, ná die verlies van haar oupa wat haar hele wêreld was, het sy op haar bed gaan lê en vir die eerste keer ’n ander gebed gebid: “Here, ek wil nou my spanmaat ontmoet.” Net vier dae later het Barend in haar lewe ingestap, terwyl sy besig was om kos te maak. Nie net ’n kêrel nie — ’n spanmaat.

 

Iemand om saam mee die lewe, geloof en roeping aan te pak. Op 23 Mei 2026 het die winterlug oor Rivierplaas Wedding Venue gehang, maar binne die saal was daar net warmte, vreugde en verwondering. Toe Carla aan haar pa se arm met die paadjie afstap, was dit duidelik dat hierdie meer as net ’n troue was. Dit was die samekoms van ’n driedubbele koord: Barend, Carla en hul rotsvaste geloof in die Here. Die seremonie is gelei deur Pastoor Louis Holtzhausen van CRC Potchefstroom — ’n dag gevul met opregte aanbidding, liefde en die vaste wete dat God se tydsberekening altyd perfek is.

This Post Has 0 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back To Top